Die China Town-winkel in Parow het Vrydag gebrand.FOTO: Facebook

Credit: SYSTEM

’n Brand het op Vrydag 1 Desember by die China Town-winkel in Voortrekkerweg in Parow uitgebreek.

Die voorval is deur die Stad Kaapstad se brand- en reddingsdienste bevestig.

Jermaine Carelse, woordvoerder, sê die voorval is om 11:00 by hulle aangemeld.

Brandweerspanne van Bellville, Goodwood en Milnerton is uit na die toneel. “Brandweerpersoneel het daarin geslaag om die brand kort ná 12:00 te blus. Verskeie soorte tekstiel het gebrand,” sê Carelse.

Niemand is in die voorval beseer nie, en die gebied is geventileer voordat die spanne die toneel verlaat het,” sê hy.

You need to be Logged In to leave a comment.