‘n Brand het die week by ‘n gebou in Plattekloof Glen uitgebreek. Die oorsaak daarvan word nog ondersoek.

Verskaf

Die brandweerdienste is Maandag na Plattekloof Glen ontbied nadat ‘n gebou aan die brand geslaan het.

Die brand het op 30 Oktober omstreeks 19:00 uitgebreek.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand- en reddingsdiens, het dit bevestig.

“Die brand- en reddingsdiens het die noodoproep om 18:52 ontvang van ‘n gebou wat in Duinhoop-rylaan, Plattekloof Glen aan die brand was. Twee motorpompwaens is uitgestuur. Die brand was egter reeds geblus met die beamptes se aankoms by die toneel,” sê Carelse.

Geen skade is aangemeld nie en die oorsaak van die brand is nog onbekend.

You need to be Logged In to leave a comment.