Die Hoërskool Brackenfell het Vrydag by die Bellville-stadion met die louere weggestap in die jaarlikse ko-ed-atletiekbyeenkoms.
Buiten Brackenfell het die hoërskole Eben Dönges en Parow en HTS Bellville deelgeneem. Brackenfell het die dag afgesluit met 1 132 punte.
Parow was tweede met 793 punte en HTS Bellville (463) en Eben Dönges (348) was onderskeidelik derde en vierde.
Stehan Schoeman het die aksie van die Brackenfell-atlete op kamera vasgelê.



















