Die Brackies se hoofleier vir 2025, Marnus Coetzee (middel), is saam met sy twee ondervoorsitters, Liam Gerber en Mieke Saayman. Die driemanskap is al sedert 2018 klasmaats op die Brack toe hulle in graad R was.

Die Laerskool Brackenfell het Vrydag die skool se hoofleiers vir 2025 by ‘n prestige-geleentheid aangewys nadat al 24 lede van vanjaar se leederraad gedurende die jaar noukeurig dopgehou is.

Die skoolhoof, Faffa Coetzee, het die skoolleiers en hul ouers in die skoolsaal verwelkom en sy trots uitgespreek teenoor die ouers vir die gehalte en potensiaal van leierskap wat die gemeenskap aan die skool lewer.

Dit is die gebruik by Brackies om hul finale skoolleiers in die laaste kwartaal van elke jaar aan te wys, sodat al die lede van die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) gedurende die jaar die geleentheid kon kry om hul staal te toon. Vanjaar se leerderraad is saam met hul ouers in die personeelkamer onthaal.

You need to be Logged In to leave a comment.