Die Laerskool Brackenfell se jaarlikse pretloop-geldinsamelingsprojek het die skool se 1 600 leerders virtueel na Mauritius geneem waar die klasse mekaar in `n fietsryfantasie rondom die eiland aangedurf het.
Die gr. 3A1-klas van Marilie Carpenter het vandeesweek eerste geëindig in `n taai stryd om die klaskampioenskap, terwyl die gr. R’e in die graadkompetisie koning gekraai het.
Lielah Koen het vir die vierde agtereenvolgende jaar die individuele geldinsamelingstrofee gewen.
Dit het tradisie geword by die Brackies om die leerders te bedank vir hul entoesiastiese deelname aan die insamelingsprojek en die skool het al sy leerders Donderdag met `n heerlike boeresportdag beloon.


