Brackie-presteerders ontvang 231 toekennings

Trotse presteerders van die Laerskool Brackenfell het Donderdagaand nie minder nie as 231 toekennings ontvang tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling, wat in die skoolsaal gehou is.


Trotse presteerders van die Laerskool Brackenfell het Donderdagaand nie minder nie as 231 toekennings ontvang tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling, wat in die skoolsaal gehou is.

Altesaam 52 kultuurpryse is aan leerders oorhandig terwyl 82 pryse vir sport en 97 vir akademiese prestasies toegeken is.

Lara du Toit, wat in al vier kwartale haarself as Brackies se voorste akademiese presteerder bewys het, is aangewys as die dux-leerder vir 2024.

Sy was die groot uitblinker by die prysuitdeling en het eerste plekke behaal in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, natuurwetenskappe, Sosiale Wetenskappe, ekonomiese en bestuurswetenskappe asook lewensoriëntering. Sy is daarby ook as wenner aangewys in tweetaligheid en deel die prys as die skool se mees veelsydige leerder met haar klasmaat, Heila le Roux.

Babalo Mzimkulu het vanjaar uitgeblink in leierskap en is beloon met die voorsitterskap van 2024 se VRL. Op sportgebied is die WP-atleet en krieketuitblinker Linique Luck as Brackies se Sportvrou van die Jaar gekroon. Die WP-rugbyspeler Jediale Mbanzaswi was ’n groot uitblinker vanjaar en het die toekenning vir Sportman van die Jaar ontvang.

Lu-Handri Conradie, ’n begaafde gr. 4 leerder, het die oë laat rek met al die kultuurpryse wat sy ingeoes het. Sy het ’n rits toekennings ontvang as die skool se mees veelsydige kultuurleerder, vir verskeie nasionale kultuurprestasies, asook die skool se voorste redenaar onder leiding van Brackies se bekende redenaarafrigter, Sias Janse van Vuuren.

Babalo Mzimkulu ontvang ’n trofee vir uitstaande leierskap van Brackies se skoolhoof, Faffa Coetzee.FOTO:

Jediale Mbanzaswi FOTO:

Linique LuckFOTO:

Lara du Toit FOTO:

You need to be Logged In to leave a comment.