Die Stad Kaapstad het verlede Woensdag bevestig dat die ondersoek na die onwettige afsaag van ’n wildevyeboom se takke in Mopanistraat, Plattekloof, afgehandel is.
TygerBurger het vroeër berig dat daar nog geen stappe teen die vermeende oortreder gedoen is nie (“Geen stappe oor boom”, 11/12).
Patricia van der Ross, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, het egter by navraag oor die ondersoek gereageer.
“Die Stad se ontspannings- en parkedepartement het die ondersoek afgehandel en het die saak na die Stad se wetstoepassingsdepartement vir verdere stappe verwys,” was haar kommentaar rakende die voortslepende kwessie.
Die wildevyeboom se takke is byna twee maande gelede onwettig laat afsaag. ’n Kettingsaag is glo hiervoor gebruik deur ’n kontrakteur, het die wyksraadslid, Cheryl Visser, vroeër gesê.
Visser het gesê verskeie voëls het hul neste in die boom gemaak. Met TygerBurger se onlangse besoek aan die boom het ’n dooie voël onder die boom gelê.
Die Stad Kaapstad het verlede Woensdag bevestig dat die ondersoek na die onwettige afsaag van ’n wildevyeboom se takke in Mopanistraat, Plattekloof, afgehandel is.
TygerBurger het vroeër berig dat daar nog geen stappe teen die vermeende oortreder gedoen is nie (“Geen stappe oor boom”, 11/12).
Patricia van der Ross, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, het egter by navraag oor die ondersoek gereageer. “Die Stad se ontspannings- en parkedepartement het die ondersoek afgehandel en het die saak na die Stad se wetstoepassingsdepartement vir verdere stappe verwys,” was haar kommentaar rakende die voortslepende kwessie.