Die brief “Urineer elders” in TygerBurger 15 Oktober deur Gerrit Horn verwys.

Ek raak net so ontsteld oor mans wat enige plek staan en urineer. Ek sien dit amper elke keer as ek êrens heen ry. Het hulle dan geen skaamte nie?

Sover ek weet is dit teen die wet en moet hulle beboet word, maar daar word nie teen hulle opgetree nie.

Hulle staan nie eens agter ‘n boom nie. Ek sien hulle soms sommer op ‘n sypaadjie staan en blaas leegmaak. Dis hoekom dit op party plekke so sleg ruik.

Die ander ding wat ek nie kan verstaan nie, is dat mense op enige plek spoeg. Dis ook ‘n gesondheidsrisiko.

Ek hoop regtig daar word spoedig opgetree teen hierdie openbare oortredings.

Wonder sommer, Parow

You need to be Logged In to leave a comment.