Betogers bly in aanhouding

Twaalf betogers wat Dinsdagmiddag om 12:00 in hegtenis geneem is ná gewelddadige protesaksie by die Bellvillese kampus van die KSUT, sal in aanhouding bly tot 19 Oktober totdat al hul persoonlike besonderhede geverifieer kan word.

Die twaalf, wat vandag vlugtig in die Bellville-landdroshof verskyn het, se borgaansoek is nie deur die staat van die hand gewys nie, maar die staat het aangedui dat die 11 mans en een vrou in aanhouding sal bly totdat hul familielede bewyse kan lewer van hul adresse. Sodra besonderhede nagegaan is, mag hulle op borgtog vrygelaat word.

Dele van die KSUT-kampus is Dinsdagnag aan die brand gesteek, en twee sekerheidswagte was in een van die brandende geboue vasgekeer. Aanklagte van poging to moord is aanhangig gemaak nadat die twee wagte rookinaseming opgedoen het.

Drie van die groep wat in die hof verskyn het, het aanklagte van die verbreking van ‘n hoogeregshof-interdik teen hulle, asook dié van openbare geweld.

Die ander nege aangeklaagdes moes pa staan vir aanklagte van openbare geweld.

Die groep sal in die Goodwood-gevangenis aangehou word.

You need to be Logged In to leave a comment.