Bestuur kan beter

Die berig op bladsy 3 van TygerBurger, 5 Maart oor die roof by die Spar in Stellenberg (“Vier mans beroof winkel in Stellenberg,”) het betrekking. Wat my verbaas en selfs […]


Die berig op bladsy 3 van TygerBurger, 5 Maart oor die roof by die Spar in Stellenberg (“Vier mans beroof winkel in Stellenberg,”) het betrekking.

Wat my verbaas en selfs ontstel, is dat die bestuur dit nie nodig geag het (nie eens oorweeg het) om aan hul personeel traumaberading te bied nie – veral die persoon wat met ‘n vuurwapen teen die kop na die kluis gedwing is.

Ek is ‘n gereelde klant en woon slegs twee strate van die winkel. Ek het beslis meer empatie van die bestuur verwag.

Henry V, Stellenberg

You need to be Logged In to leave a comment.