Die twee uitblinkers, Sezario en Tazlyn, wat op Saterdag 4 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Skole-atletiek se landloopkampioenskap in Mpumalanga deelgeneem het.

Verskeie atlete van Bellville-Suid is vanjaar weer uitblinkers.

Die atlete is ook lid van die Universiteit van Wes-Kaapland se atletiekklub.

Sezario Tafel en Tazlyn Meiring het albei verlede jaar bronsmedaljes gewen by die Wes-Kaapse skole-landloopkampioenskap in Somerset-Wes. Vanjaar het hulle weer podiumplekke behaal by die Wes-Kaapse skole-landloopkampioenskap in Stellenbosch en al twee het silwermedaljes ontvang.

Agter van links is Tazlyn Meiring, Skyler Lekcharoensuk, Mekhi Hassim, Sezario Tafel en Briana Fortuin. Voor is Trivago Kievieto, Aiden Davids, Abby Wylbach en Taylor Oliphant, wat almal hul WP-kleure in September gekry het.

Dié twee atlete is vanjaar, nes verlede jaar, in die Wes-Kaapse skole-landloopspan opgeneem, wat op Saterdag 4 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Skole-atletiek se landloopkampioenskap in Mpumalanga deelgeneem het. Sezario het onder die top-10 in die land geëindig in die 3 km-landloop in die afdeling vir seuns o.12 en Tazlyn het 27ste klaargemaak.

Tazlyn Meiring, Trivago Kievieto en Sezario Tafel.

Albei het ook onlangs Westelike Provinsie-Atletiek se landloopspan verteenwoordig by Atletiek Suid-Afrika se nasionale landloopkampioenskap in Mpumalanga saam met sewe ander spanmaats, Abby Wylbach, Aiden Davids, Trivago Kievieto, Skylah Lekcharoensuk, Taylor Oliphant, Mekhi Hassim en Briana Fortuin.

Agter van links is Tazlyn Meiring, Tylin Cupido, Mekhi Hassim en Sezario Tafel. Voor van links staan Trivago Kievieto, Abby Wylbach, Sergio Plaatjies en Qwin Vass.

You need to be Logged In to leave a comment.