Pensioenaris beseer in gewapende roof in Belville

Volgens ‘n buurman, wat anoniem wou bly, het die man onlangs afgetree. Hy het vir Spoornet gewerk.


‘n Pensioenaris is beseer nadat hy hom teen drie gewapende rowers in sy huis in Belville teëgesit het.

Polisielede en forensiese personeel was nog teen 08:00 Maandagoggend op die toneel in Firweg nadat die voorval in die nag plaasgevind het.

Volgens ao. Henrietta van Niekerk, woordvoerder van Bellville-polisiekantoor, het die drie verdagtes ‘n venster uitgehaal om toegang tot die huis te kry.

“Daar was ‘n struweling waarin die man sy arm gebreek het,” sê sy.

Televisies en elektroniese toerusting is gesteel.

Die man is na die hospitaal gehaas. 

Volgens ‘n buurman, wat anoniem wou bly, het die man onlangs afgetree. Hy het vir Spoornet gewerk.

You need to be Logged In to leave a comment.