Bejaardes in Bellville beroof

’n Bejaarde egpaar is Sondagoggend in Stellenridge, Bellville beroof. Volgen lt.kol. Fienie Nimb, woordvoerder van die Bellville–polisiekantoor, het die rower omstreeks 06:00 toegang tot die huis gekry deur die kombuisvenster te […]


’n Bejaarde
egpaar is Sondagoggend in Stellenridge, Bellville beroof.

Volgen lt.kol. Fienie Nimb, woordvoerder van die
Bellvillepolisiekantoor, het die rower
omstreeks 06:00 toegang tot die huis gekry deur die kombuisvenster te verwyder.

“Die egpaar
is met ’n gordel vasgebind en met ’n mes
gedreig,” vertel Nimb.

Die rower
het toe juweliersware gesteel.

Volgens
onbevestigde inligting het die vrou dit reggekry om te ontsnap en het by ’n
buurman hulp gesoek.

Die egpaar
is glo albei in hul 80’s en ongedeërd, maar getraumatiseerd.

’n Saak van huisroof
word ondersoek, sê Nimb. Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

You need to be Logged In to leave a comment.