’n Vrou
(74) in Boston is in die vroeë oggendure in haar kamer oorval en met haar
japongordel vasgebind.
Volgens
Henrietta van Niekerk, woordvoerder van die Bellville-polisiekantoor het die
vrou geslaap toe sy omtrent 04:30 deur twee onbekende mans oorval is.
“Hulle het
haar met n japongordel vasgebind en haar vuurwapen en bankkaarte
gesteel,” het sy gesê.
Die diewe
het vir haar bankkaart se pinnommer gevra en haar in die kamer toegesluit
voordat hulle in haar voertuig gevlug het.
Die verlate
voertuig is later gevind.
Volgens Van
Niekerk is ’n saak van huisroof geopen.
“Nog geen
arrestasies is op die oomblik gemaak nie. Die ondersoek duur voort.”