Die onlangse munisipale tariefverhogings is totaal buitensporig en daar is wydverspreide ontevredenheid daaroor by belastingbetalers, eienaars van eiendom en munisipale verenigings.
Sommige heffings mag moontlik ook volgens munisipale wetgewing nie korrek wees nie. Daar is tans ‘n hofsaak daaroor aan die gang (Growthpoint en andere versus die Stad Kaapstad).
Daar is tans ‘n ongekende toestroming van mense van oral oor wat hulle hier in die Wes-Kaap kom vestig, sonder geld en sonder werk en die regering is maar te gewillig om gratis dienste en behuising aan hierdie mense te verskaf, om sodoende vir Kaapstad voor te stel as die wonderlike, vooruitstrewende stad.
Dit is egter die munisipale belastingbetaler wat sal moet betaal vir hierdie gratis dienste en behuising.
Hoe meer gratis dienste en behuising verskaf word, hoe meer gaan die instroming wees. Dit sal natuurlik vir die munisipale belastingbetaler se rekening wees en waar gaan dit heen?
Dit is nou tyd dat belastingbetalers hul opsies oorweeg. Oorweeg die opsie om vir ‘n ander politieke party te stem in die volgende munisipale verkiesing.
Dit sal waarskynlik ‘n koalisie tot gevolg hê en buitensporige munisipale tariefverhogings sal nie sommer net so kan goedgekeur kan word nie.
Die begroting sal net goedgekeur kan word, indien die koalisievennote daarmee saamstem.
Só ‘n begroting sal dan nie weer so buitensporig wees nie en sal meer realisties wees, en nie so baie druk op die belastingbetaler plaas nie.
Belastingvoos, E-pos


