“Onthou, as plan A misluk, is daar nog 25 meer letters!” Met dié positiewe lewensuitkyk was Juanita Beukes nie net van onskatbare waarde vir Badisa, waar sy vir sowat 22 jaar gewerk het nie, maar ook in haar gemeenskap.
Beukes (49), bestuurder van maatskaplike dienste by Badisa se bestuursprogram, het op Sondag 2 Februarie saam met haar kinders, Emma (16) en Stephan (15) in ’n botsing by die kruising van die Lichtenburg-pad (R312) en die R304 buite Durbanville gesterf.
Beukes se kollegas by Badisa het Maandag by ’n gedenkdiens in die NG kerk Durbanville-Bergsig hulde aan haar gebring. ’n Gedenkdiens is ook verlede Donderdag gehou in die ouditorium van die Hoërskool Durbanville, waar Emma en Stephan leerders in onderskeidelik graad 11 en 10 was.
“Sy was ’n dinamiese mens met aansteeklike energie, ’n skerp sin vir humor en ’n bron van wysheid vir baie,” lui ’n huldeblyk deur Badisa, wat deur kollegas en vennote saamgestel is en aan TygerBurger verskaf is.
“Benewens haar toewyding aan haar werk, het sy ’n liefde vir musiek gekoester en as kind in die Tygerberg-kinderkoor gesing. Sy het haar vrye tyd geniet deur te stap, te lees en tyd saam met haar gesin en vriende deur te bring.
“Juanita was vir haar kollegas ’n leier, mentor en steunpilaar. Die skielike oorgang van ’n wêreld met Juanita tot een sonder haar bly vir haar kollegas, waarvan baie haar vriendinne geword het, steeds onwerklik,” lui die huldeblyk.
Badisa-spanlede en -vennote onthou hul kosbare kollega en vriendin deur herinneringe wat oor jare strek om Juanita se wakker gees en passie vir kinders en gesinne te vereer.
Ronel van Zyl, direkteur van maatskaplike dienste by Badisa, onthou hoe sy Juanita in 2003 as bestuurder van maatskaplike dienste aangestel het, ondanks kritiek oor haar jeug en gebrek aan ervaring in kinderbeskermingsdienste.
“Ek het haar potensiaal gesien. Ons het saam gegroei en geleer. Ek het haar destyds ‘Junior’ genoem, en daardie troetelnaam het gebly. Sy was ’n rots en haar lojaliteit, vaardighede en sin vir humor was van onskatbare waarde.
“Haar netwerk en invloed was enorm. Sy het haar kundigheid met oorgawe en passie gedeel en haar interaksies met mense met ware opregtheid en deernis benader,” sê sy in die huldeblyk.
“Gedurende haar 22 jaar by Badisa het Juanita ’n merkwaardige bydrae tot kinderbeskerming op grond- en provinsiale vlak gelewer.”
Basie van Wyk, Badisa se huidige uitvoerende hoof, beskryf haar as ’n absolute deskundige en ’n bron van positiewe energie.
“Sy het elke uitdaging met ’n glimlag aangepak. Niks was vir haar te veel gevra nie, en sy het ’n ongekende vermoë gehad om komplekse situasies met kalmte en insig te hanteer,” sê hy.
“Juanita het haar passie vir maatskaplike werk uitgeleef deur as mentor op te tree vir ander maatskaplike werkers,“ sê Johanna Strauss, bestuurder by die Durbanville-kinderhuis.
Haar Badisa-kollegas, wat boesemvriendinne geword het, Van Zyl, Annemarie Bezuidenhout (direkteur van bemarking en fondswerwing) en Renee Pretorius (bestuurder van maatskaplike dienste) het wonderlike avonture en onthou-oomblikke saam met Juanita beleef. Hulle het hulself die “four beautiful babes” gedoop, en haar afsterwe laat veral vir hierdie vroue ’n groot leemte lui die huldeblyk.
“Onthou, as plan A misluk, is daar nog 25 meer letters!” Met dié positiewe lewensuitkyk was Juanita Beukes nie net van onskatbare waarde vir Badisa, waar sy vir sowat 22 jaar gewerk het nie, maar ook in haar gemeenskap.
Beukes (49), bestuurder van maatskaplike dienste by Badisa se bestuursprogram, het op Sondag 2 Februarie saam met haar kinders, Emma (16) en Stephan (15) in ’n botsing by die kruising van die Lichtenburg-pad (R312) en die R304 buite Durbanville gesterf.
Beukes se kollegas by Badisa het Maandag by ’n gedenkdiens in die NG kerk Durbanville-Bergsig hulde aan haar gebring. ’n Gedenkdiens is ook verlede Donderdag gehou in die ouditorium van die Hoërskool Durbanville, waar Emma en Stephan leerders in onderskeidelik graad 11 en 10 was.
“Sy was ’n dinamiese mens met aansteeklike energie, ’n skerp sin vir humor en ’n bron van wysheid vir baie,” lui ’n huldeblyk deur Badisa, wat deur kollegas en vennote saamgestel is en aan TygerBurger verskaf is.
“Benewens haar toewyding aan haar werk, het sy ’n liefde vir musiek gekoester en as kind in die Tygerberg-kinderkoor gesing. Sy het haar vrye tyd geniet deur te stap, te lees en tyd saam met haar gesin en vriende deur te bring.
“Juanita was vir haar kollegas ’n leier, mentor en steunpilaar. Die skielike oorgang van ’n wêreld met Juanita tot een sonder haar bly vir haar kollegas, waarvan baie haar vriendinne geword het, steeds onwerklik,” lui die huldeblyk.
Badisa-spanlede en -vennote onthou hul kosbare kollega en vriendin deur herinneringe wat oor jare strek om Juanita se wakker gees en passie vir kinders en gesinne te vereer.
Geliefde ‘junior’
Ronel van Zyl, direkteur van maatskaplike dienste by Badisa, onthou hoe sy Juanita in 2003 as bestuurder van maatskaplike dienste aangestel het, ondanks kritiek oor haar jeug en gebrek aan ervaring in kinderbeskermingsdienste.
“Ek het haar potensiaal gesien. Ons het saam gegroei en geleer. Ek het haar destyds ‘Junior’ genoem, en daardie troetelnaam het gebly. Sy was ’n rots en haar lojaliteit, vaardighede en sin vir humor was van onskatbare waarde.
“Haar netwerk en invloed was enorm. Sy het haar kundigheid met oorgawe en passie gedeel en haar interaksies met mense met ware opregtheid en deernis benader,” sê sy in die huldeblyk.
“Gedurende haar 22 jaar by Badisa het Juanita ’n merkwaardige bydrae tot kinderbeskerming op grond- en provinsiale vlak gelewer.”
Basie van Wyk, Badisa se huidige uitvoerende hoof, beskryf haar as ’n absolute deskundige en ’n bron van positiewe energie.
“Sy het elke uitdaging met ’n glimlag aangepak. Niks was vir haar te veel gevra nie, en sy het ’n ongekende vermoë gehad om komplekse situasies met kalmte en insig te hanteer,” sê hy.
“Juanita het haar passie vir maatskaplike werk uitgeleef deur as mentor op te tree vir ander maatskaplike werkers,“ sê Johanna Strauss, bestuurder by die Durbanville-kinderhuis.
Kollegas was boesemvriendinne
Haar Badisa-kollegas, wat boesemvriendinne geword het, Van Zyl, Annemarie Bezuidenhout (direkteur van bemarking en fondswerwing) en Renee Pretorius (bestuurder van maatskaplike dienste) het wonderlike avonture en onthou-oomblikke saam met Juanita beleef.
Hulle het hulself die “four beautiful babes” gedoop, en haar afsterwe laat veral vir hierdie vroue ’n groot leemte, lui die huldeblyk.
Van Zyl skryf: “Jy het my las ligter gemaak. Jy het my uitgedaag en laat dink. Jy was alomteenwoordig in my lewe. Nooit ooit het ek gedink dat ek vir jou, Emma met die goue stem en Stephan wat die lekkerste beerdrukkies kon gee, sou moes groet nie. Ek mis jou! Die “Four Beautiful Babes” weet nie hoe om sonder jou aan te gaan nie.”
Pretorius voeg by: “Vir 21 jaar was jy my kontras, my elikser, my bron van frustrasie, my vertroueling, my “go-to-person”, my “first stop”, my “let-me-call-a-friend person”, my “speed dial” en nou … nou gaan ek jou net so vreeslik en oneindig baie mis. Jy was ’n alchemis, en sonder jou voel die waarheid half en ’n soeke daarna irrelevant. Dankie, dankie, dankie vir die tyd wat ek jou kon ken.”
Bezuidenhout sluit af: “Jou gesin was jou prioriteit en ouerskap het jy ook met erns en toewyding aangepak. Jy het altyd gesê dat as jy kon, sou jy jou kinders vir altyd by jou wou hê. Jy het in jou kort leeftyd voluit gelewe, hard gewerk en baie gedoen vir jou medemens. Jy het jouself altyd tweede gestel. Nou is jy net skielik weg, en ons gaan jou oneindig baie mis.
“My hart pyn, maar ek weet jy is veilig by ons Hemelse Vader saam met jou kinders. Rus sag, my vriendin.