Babst (85) slaag musiekeksamen

Met bewonderbare wind in sy seile op die ouderdom van 85 jaar is Carl Babst ’n plaaslike held vir musiekliefhebbers nadat hy 92% met sy blaasinstrumente in ’n onlangse musiekeksamen behaal het.

Sy musiekafrigter, Linda van Zyl, het trots met TygerBurger oor een van haar gunsteling-studente se merkwaardige mylpaal gespog.

“Ek glo net dat, nadat oom Carl só ’n pragtige punt vir sy graad 5 Jazz Trinity-eksamen behaal het op só ’n gevorderde ouderdom, dit nuusopskrifte behoort te haal. Ek bars uit my nate van trots en bewondering vir dié man,” sê sy.

Min blaaskans

By ’n afsluitingsvertoning by die NG kerk Welgemoed op Sondag 1 Desember was Babst die aand se eregas wat sy mede-musikante se vertonings met sy klarinette en saksofoon begelei het.

Hy het nie minder nie as nege liedjies gespeel, in items soos “More”(R Ortolani), “Blues in F” (J Brimhall), “Your Cheatin’ Heart” (H Williams), “Johnson Rag” (J Lawrence), “When the Saints” (JM Black), “Maple Leaf Rag”(S Joplin), “Misty”(E Garner) en “Blues & Sonatina”(Norton/Alexander).

“Die klarinet en saksofoon is maar ’n liefhebbery van my van kleins af,” vertel Babst kort voor die vertoning.

Hy fluit al vir die afgelope 55 jaar die flambojante klanke sedert sy hoërskooldae.

“Die klarinet is maar my voorliefde en verkose instrument. Maar ek droom nog van die eer om ’n ordentlike saksofoon te besit,” sê Babst met ’n giggel.

Musiek en die jonge

Hy speel al ’n klompie jare by Linda se musiekskool in Welgemoed aangesien hulle mekaar in die NG kerk Welgemoed ken.

Hy vertel hoe die musiekklasse saam met sy jong mede-musikante vir hom die grootste plesier gedurende die week inhou.

“Wat lekker is van die musiekklasse in so ’n huislike opset is, ek is lief daarvoor om tyd saam met die kinders te spandeer en lekker saam met hulle te speel.”

Dit is vir hom moeilik om sy gunsteling-liedjie bo al die res te kies.

“Daar is so baie waarvan ek hou. Ons speel vanaand een van my gunstelinge, “Misty”van Errol Garner. Hy was ’n swart Amerikaanse klavierspeler wat al oorlede is.”

Babst se veerkragtige liefde vir musiek en uiting aan kreatiwiteit bly maar bloot eenvoudig: “Jazz is vir my baie plesierig – ek geniet die ligte musiek baie.”

“Die klarinet is maar my voorliefde en verkose instrument.

“Maar ek droom nog van die eer om ’n ordentlike saksofoon te besit,” sê Babst met ’n giggel.

You need to be Logged In to leave a comment.