Sover my kennis strek is daar regulasies en wetgewing wat aktiwiteite soos smousery en bedelary by verkeersligte verbied, maar daar is al minder verkeersligkruisings waar dit nie voorkom nie.
Ons as wetsgehoorsame motorbestuurders is veronderstel om by sulke kruisings op die verkeer, verkeersligte, voetgangers, noodvoertuie, ensovoorts te fokus, maar word toenemend geterroriseer deur bedelaars, smouse en meer.
Ons ken almal die bedelaars op hul knieë met ’n plakkaat – hulle is nie altyd duidelik sigbaar nie, maar ry nou een raak en ’n mens sit met onnodige probleme. Die kruising van Voortrekkerweg en Jakes Gerwellaan in Goodwood is ’n goeie voorbeeld en wat hierdie kruising vererger, is die hoeveelheid selfaangestelde ruitwassers. Hulle vat nie nee vir ’n antwoord nie en is uiters arrogant – asof dit hul reg is om ’n voertuig se ruite met hul konkoksie te bemors.
Hierdie euwel kan gerus nou deur wetstoepassers hanteer word!
Sover my kennis strek is daar regulasies of wetgewing wat aktiwiteite soos smousery en bedelary by verkeersligte verbied, maar daar is al minder verkeersligkruisings waar dit toegepas word.
Ons as wetsgehoorsame motorbestuurders is veronderstel om by sulke kruisings op die verkeer, verkeersligte, voetgangers, noodvoertuie, ensovoorts te fokus, maar word toenemend geterroriseer deur bedelaars, smouse en meer.
Ons ken almal die bedelaars op hul knieë met ’n plakkaat – hulle is nie altyd duidelik sigbaar nie, maar ry nou een raak en ’n mens sit met onnodige probleme.
Die kruising van Voortrekkerweg en Jakes Gerwellaan in Goodwood is ’n goeie voorbeeld en wat hierdie kruising vererger, is die hoeveelheid selfaangestelde ruitwassers.
Hulle vat nie nee vir ’n antwoord nie en is uiters arrogant – asof dit hul reg is om ’n voertuig se ruite met hul konkoksie te bemors.
Hierdie euwel kan gerus nou deur wetstoepassers hanteer word!