Die moord en doodslag wat Kraaifontein reeds jare lank kasty, ken geen einde nie.

Drie mense het die afgelope naweek in onverwante voorvalle omgekom.

’n Pa van vier is vermoedelik met ’n sementblok doodgegooi omdat hy nie kon bewys dat hy ’n bendelid is nie, terwyl ’n plaaslike raadslid in Wallacedene doodgeskiet is.

Brandon Tamsey (33) is in die vroeë oggendure van Sondag onderweg huis toe deur ’n groep jongmense oorval en glo met ’n sementblok doodgegooi. ’n Bron wat anoniem wou bly, sê die aanvallers het die oorledene gevra of hy sy bendenommer kan wys en toe hy nie kon nie, is hy vermoor. Tamsey het glo om sy lewe gepleit, maar tevergeefs.

In ’n ander voorval is ’n ANC-raadslid vir wyk 101 Sondag omstreeks 22:00 in sy motor in Wallacedene doodgeskiet.

Luyanda Mbele wou sy neef by die huis in Ndeleni-straat aflaai toe hulle deur ’n BMW agtervolg is. Toe hulle stilhou, is albei in die kop geskiet en het op die toneel gesterf.

Faiez Jacobs, Wes-Kaapse sekretaris van die ANC, sê hulle is geskok, hartseer en kwaad oor die moord op Mbele. “Dit is die derde raadslid wat die afgelope tyd in die Wes-Kaap vermoor word en ons is bekommerd.

“Ons is nie seker wat die motief is nie, maar ons sou dink dat raadslede baie hoog geag sou word. Mbele was ’n hardwerkende en gewilde openbare verteenwoordiger en het nie verdien om so te sterf nie.

“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om met inligting na vore te kom sodat diegene wat vir dié daad verantwoordelik is, so gou moontlik aangekeer kan word,” sê Jacobs.

Grant Twigg van die DA sê hy is diep geskok.

“As kollegas is ons diep geskok dat ’n gemeenskapsleier sy lewe so moes verloor.

“Ons medelye gaan uit na sy familie en ons hoop dat die polisie so gou moontlik die moordenaars sal aankeer.” 

Alta van Zyl van die nuutgestigte Brackenfell-Forum is verheug oor die streng regulasies. “As deel van ’n bewusmakingsveldtog oor die verskrikking wat die afskiet van vuurwerke in ’n residensiële gebied op diere het, gaan die Forum by hul volgende Markie op die Parkie ’n geleentheid bied vir honde-eienaars om hul honde te microchip en om deel te neem aan ’n hondestap.

Vuurwerke kan in gekontroleerde gebiede afgeskiet word. Dus word diegene wat dit wel wil bedryf, nie die geleentheid ontneem nie, maar strenger regulasies geld nou. Die afskiet van vuurwerke in ’n residensiële area is nie net ’n verskrikking vir diere nie, maar dit is uiters gevaarlik tussen huise, asook ’n groot brandgevaar omdat dit in die droë somerseisoen val met soms sterk winde. Dit kan lei tot veldbrande wat gou buite beheer kan raak en eiendom kan beskadig,” sê sy. Die mark vind die komende Saterdag (27 Oktober) by die parkie by Rusoord-saal in Dennegeurstraat, Brackenfell plaas.

Ander areas in die stad waar vuurwerke wettig afgevuur kan word, is:

. Athlone-stadion se parkeerarea;

. Wesfleur-sportveld in Atlantis;

. Bishop Lavis-sportveld in Lavisrylaan;

. Metropolitan-sportveld in Melkhoutstraat in Bonteheuwel;

. Blue Downs-sportveld;

. Delft-sportveld;

. Macassarstrand-parkeerarea

. Swartklip-sportkompleks in Swartklipstraat in Mitchellsplein;

. Strandfontein-pawiljoen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article