Die kykNET Buite Ekspo Wes-Kaap word die naweek van 8 tot 10 Maart op die plaas Môreson net buite Malmesbury gehou.
Die ekspo beloof om soos altyd iets vir almal te bied.
Die fokus is op die talle buitelewe-uitstallers wat van die nuutste produkte tans beskikbaar het in die buitelewe-, kampeer- en 4 x 4-mark.
Mahindra Claremont is aan boord met veldren-ervarings en ook Maniac 4 x 4, waar die publiek gratis met ervare bestuurders kan saamry en sien waartoe hierdie ongelooflike voertuie in staat is.
Daar sal weer ’n lekker “Braai met ’n Twist”-kompetisie aangebied word saam met Jimmy’s Sauces en kykNET-akteurs; en moenie vergeet van ons Hankook- unstenaars wat gaan optree nie.
Kom ry ook gratis saam met die immergewilde “Mnr. 4 x 4” – André de Villiers van André 4 x 4 en aanbieder van 4 x 4 met André op kykNET.
Hierdie ervaring in verskillende Mahindra-voertuie word deur Mahindra Claremont geborg.
Vir die vroue sal daar ’n Fines 4 U kuns- en snuffelmark wees, waar ’n groot verskeidenheid van gehalteprodukte beskikbaar sal wees. Lollos verras weer die kinders Sondagoggend met een van hul treffer-vertonings.
Bespreek kampeerplek op die terrein by Môreson-plaas by admin@moresonmalmesbury.co.za en toegeruste “glamping”-tente by admin@you2camp.com. Dagbesoeker-kaartjies is beskikbaar deur TicketPro by ekspo.co.za en ook by die hekke gedurende die ekspo en wissel tussen R30 vir kinders en R100 vir volwassenes, afhangend van die dag. Naweekpakkette is ook beskikbaar.
Besoek www.ekspo.co.za vir meer inligting. Rig navrae aan Tersia by accounts@ekspo.co.za.





