Ek lees die afgelope twee publikasies van TygerBurger oor die hondeaanval in Bolandpark (“Hou aggresiewe honde op leibande“”, 8 Oktober, en “Hou asseblief honde op leiband“, 15 Oktober).

Ek wil net graag my inset lewer en wil weet of sekere hondeliefhebbers beter as ander hondeliefhebbers is.

Volgens my kennis van die Stad Kaapstad se bywette moet alle honde in openbare plekke en parke en self op strande op ‘n leiband wees.

Maak nie saak of dit ‘n Jack Russell of rottweiler of bulterriër is nie. Dit stel nie die persoon met die Jack Russell bo die wet om met sy of haar hond sonder ‘n leiband te loop nie.

Baie keer gebeur dit dat honde met ander honderasse oor die weg kom, maar ek het al self gesien hoe honde hul eienaars beskerm teen ‘n hond wat nie op ‘n leiband is nie.

Enige honde het die reg om homself of sy eienaars te beskerm. So my pleidooi is, hou alle honde op leibande, selfs as dit ‘n bokhondjie is. Hou by die wet wat die reëls bepaal vir die pragtige Stad waarin ons woon.

SA Louw, Kraaifontein

You need to be Logged In to leave a comment.