Skole presteer in matriekeksamen

Altesame dertien skole in TygerBurger se verspreidingsgebied spog met ’n 100%-slaagsyfer in die matriekuitslae.



File Credit: Photo: Matthew Middleton

Altesame dertien skole in TygerBurger se verspreidingsgebied spog met ’n 100%-slaagsyfer in die matriekuitslae.

Die hoërskole is: Dunatos Privaatskool, Bellville, DF Malan, Fairbairn College, Fairmont, Melkbosstrand Privaatskool, Milnerton, Parklands, Riverside College, Stellenberg, Sunningdale en Tafelberg.

Die Metro-Oos Onderwysdistrik het gemengde welslae in die matriekuitslae behaal en het van ’n persentasie van 80% verlede jaar tot 77,7% vanjaar gedaal. Dit is ook die eerste keer sedert 2011 wat die distrik onder 80% in die matriekeksamen behaal.

Dít is hoe Benjamin Schereka, direkteur vir die Metro-Oos-onderwysdistrik, die uitslae beskryf het.

“Ons was altyd laaste onder die agt distrikte in die Wes-Kaap en om die uitslae in perspektief te sien, moet jy in ag neem watter areas onder ons val. Ons bedien Khayelitsha, Lwandle, Assanda Village, die hele Blue Downs/Eersterivier-gebied, Bellville en ook al die informele nedersettings in Kraaifontein. Jy het in hierdie gebiede te doen met al die sosiale euwels en as jy dié euwels in ag neem en kyk na die konteks waaraan ons in hierdie gebiede werk, kan jy my teleurstelling verstaan,” het Schereka gesê.

“Die top-leerder in die land, Janke van Dyk van die Hoërskool Bellville, kom uit ons distrik en verlede jaar het ons die naaswenner van die Hoërskool De Kuilen in Kuilsrivier opgelewer. Dit is die soet by my teleurstelling. Dan moet jy ook onthou dat die Wes-Kaap van tweede plek verlede jaar na die derde plek teruggesak het,” het hy gesê.

Waaroor Schereka ook bly is, is die 30% matrieks wat met matriekvrystelling geslaag het en toegang tot ’n universiteit verkry het om ’n graad te studeer.

“Dit is ook iets om op trots te wees as jy nasionaal erkenning kry omdat die top-leerder uit jou distrik kom. Ek is seker dat vanjaar se uitslae net ’n klein terugslag was en dat ons volgende jaar hierop gaan verbeter,” het Schereka gesê.

Die skole in TygerBurger se verspreidingsarea is (met geskryf, geslaag en persentasie):

Arcadia: 68 – 56 – 82,4

Athlone Skool vir Blindes: 20 – 7 – 35

Bardale: 156 – 120 – 76,9

Belhar: 165 – 140 – 84,8

Bellville: 221 – 221 – 100%

Bellville HTS: 191 -175 – 91,6

Bellville-Suid: 157 – 126 -80,3

Bernadino Heights: 209 – 205 – 98,1

Bishop Lavis: 167 – 116 – 69,5

Blackheath: 91 – 74 – 81,3

Bloekombos: 223 – 177 – 79,4

Bloubergrant: 72 – 71 – 98,6

Bonteheuwel: 63 – 58 – 92,1

Bosmansdam: 147 – 145 – 98,6

Boston Privaatskool: 42 – 39 – 92,9

Brackenfell: 286 – 280 – 97,9

Cravenby: 139 – 116 – 83,5

De Kuilen: 282 – 272 – 96,5

DF Malan: 199 – 199 – 100

Delft Tegnies: 42 – 15 – 35,7

Dunatos Privaatskool: 15 – 15 – 100

Durbanville: 162 – 161 – 99,4

Eben Dönges: 98 – 95 – 96,9

Edgemead: 223 – 218 – 97,8

Eersterivier: 163 – 106 – 65

Elsiesrivier: 265 – 256 – 96,6

Elswood: 66 – 48 – 72,7

Excelsior: 200 – 189 – 94,5

Fairbairn College: 163 – 163 – 100

Fairmont: 229 – 229 – 100

Fisantekraal: 91 – 59 -64,8

Florida: 99 – 90 -90,9

Forest Heights: 117 – 90 – 76,9

Good Hope: 44 – 34 – 77,3

Goodwood College: 85 – 83 – 97,6

Hindle: 67 – 66 – 98,5

Jan Kriel: 62 – 61 – 98,4

JG Meiring: 197 – 176 – 89,3

John Ramsay: 55 – 42 – 76,4

Kasselsvlei: 141 – 110 – 78

Kleinvlei:  143 – 95 – 66,4

Kuilsrivier Tegnies: 101 – 72 – 71,3

Leiden: 166 – 113 – 68,1

Malibu: 244 – 201 – 82,4

Marian: 71 – 65 – 91,5

Melkbos: 64 – 62 – 96,9

Melkbosstrand Privaatskool: 23 – 23 – 100

Mfuleni: 225 – 179 – 79,6

Milnerton: 196 – 196 – 100

Monumentpark: 171 – 170 – 99,4

Northpine Tegnies: 66 – 54 – 81,8

Parklands: 103 – 103 – 100

Parow: 220 – 215 -97,7

Perseverance: 90 – 84 – 93,3

President: 96 – 94 – 97,9

Range: 36 – 23 – 63,9

Ravensmead: 152 – 150 – 98,7

Riverside College: 5 – 5 – 100

Rosendal: 120 – 80 – 66,7

Sarepta: 122 – 108 – 88,5

Scottsdene: 91 – 76 – 83,5

Scottsville: 101 – 42 – 41,6

Silversands: 67 – 59 – 88,1

Soneike: 45 – 36 – 80

St. Andrews: 155 – 61 – 39,4

Stellenberg: 286 – 286 – 100

Sunningdale: 7 – 7 – 100

Symphony: 84 – 73 – 86,9

Tableview: 182 – 181 – 99,5

Tafelberg: 18 – 18 – 100

The Settlers: 247 – 245 – 99,2

Tygerberg: 181 – 180 – 99,4

Tuscany Glen: 118 – 69 – 58,5

Uitzig: 38 – 20 – 52,6

Valhalla: 32 – 25 – 78,1

Voorbrug: 200 – 139 – 69,5

Wallacedene: 166 – 57 – 34,3

Wesbank: 75 – 49 – 65,3

Wes-Kaapse Sportskool:  59 – 43 – 72,9

You need to be Logged In to leave a comment.